Maties Stoeiklub
'n Plek van goeie karakter, sportmanskap en gees
Home
Search
Site map

Oefeninge 2007

Wanneer?

Voorlopig Donderdae 18h00-20h00

Waar?

AF Louw laerskool

(Hier's 'n kaart as jy sukkel)

Kostes?

R35/maand voor begin van elke maand of R300/jaar

Hoe word ek lid?

Stuur email aan stoei@webwerwe.com met jou

Naam, Van, Email adres, Sel, Tel, ID nr, Beste Prestasie, Jaar van prestasie, US nommer

Betaal jou

R35 by 1e oefening

Daag op!

Wie mag stoei?

Enige iemand - beginners welkom!

 

 

Verandering in oefen tye

23 Maart 2006

Wanneer?

Donderdae 18h00-20h00

 

Turbovite 1e Stoei toernooi 2006

Wanneer: Donderdag, 20 April 19h00-21h00

Waar: Neelsie

Kostes: Gratis

Kontant pryse ter waarde van R5300

Kliek hier vir meer informasie

 

Oefening : Voorbereiding vir SA Grieks-Romeinse Kampioenskappe

 ‘n Oefening ter voorbereiding vir die SA Grieks-Romeinse Kampioenskappe (1 April 2006)  word aangebied op Dinsdag 21 Maart 2006 by Brackenfell Stoeiklub

vanaf 16:00 tot 19:00.

Alle stoeiers wat aan die SA G/R gaan deelneem, moet hierdie oefening bywoon.

Vervoer is beskikbaar Huis de Villiers vir Matie stoeiers.

Ons vertrek 15:20 stip.

 

Oefening tye verandering

Wanneer?

Donderdae 18h00-20h00


Oefeninge 2006

Wanneer?

Voorlopig Donderdae 18h30-20h00

Waar?

AF Louw laerskool

(Hier's 'n kaart as jy sukkel)

Kostes?

R35/maand voor begin van elke maand

Hoe word ek lid?

Stuur email aan stoei@webwerwe.com met jou

Naam, Van, Email adres, Sel, Tel, ID nr, Beste Prestasie, Jaar van prestasie, US nommer

Betaal jou

R35 by 1e oefening

Daag op!

Wie mag stoei?

Enige iemand - beginners welkom!

 

1e Vergadering 2006

Wanneer?

19h00, 6 Februarie 2006

Waar?

Huis de Villiers (seksie G6) Neetlingstraat, Stellenbosch


Almal welkom! (en niemand is verplig nie)

 

 

WP Kus Proewe

Wanneer?

12 Augustus

Waar?

Kraaifontein

Kostes?

Ek dink gratis, maar jy moet as 'n WP stoeier geregistreer wees

Hoe registreer ek as 'n WP stoeier?

Vul hierdie hierdie vorm in

En bring dit vir Wim voor Saterdag 30 Julie

 

Onthou die SA kus is hierdie jaar heel waarskynlik in Stellenbosch!!!

 

Rig enige vrae aan stoei@webwerwe.com

 

 

Oefeninge 2005

Wanneer?

Woensdae 18h30-20h00

Waar?

AF Louw laerskool

(Hier's 'n kaart as jy sukkel)

Kostes?

R25/maand voor begin van elke maand

Hoe word ek lid?

Stuur email aan stoei@webwerwe.com met jou

Naam, Van, Email adres, Sel, Tel, ID nr, Beste Prestasie, Jaar van prestasie, US nommer

Betaal jou

R25 by 1e oefening

Daag op!

Wie mag stoei?

Beginners welkom!

Solank jy ongeveer 17-30 jaar oud is en manlik is.

(Hierdie is nie 'n vaste reël nie maar net 'n riglyn)

In die toekoms mag daar moonlik uitgebrei word na ander groepe as die aanvraag dit regverdig.

Matie studente se belange geniet 1e prioriteit.

 

 

 

 

Stoei Toernooi

Uitslae

Onder 80kg

  1. Wim Conradie (Huis Marais)
  2. LJ de Kock (Helshoogte)
  3. Dawie Cloete (Huis Marais)

Bo 80kg

  1. Wian Strydom (Privaat)
  2. Tian Beukes (Helshoogte)
  3. Schalk-Willem van Wyk (Dagbreek)

Opsomming
Die toernooi kan as ‘n reuse sukses beskou word! Alhoewel daar ‘n paar krisisbestuur stappe toegepas moes word, a.g.v. te min inskrywings het alles op die ou end perfek uitgedraai.

Die toernooi het ‘n durasie van 2,5 ure gehad. Daar was baie toeskouers en hulle het dit definitief geniet as jy na die ondersteuning en hande klap geluister het.

‘n Joernalis van die Matie was die volle duur van die toernooi teenwoordig en het baie, baie foto’s geneem wat hopelik seker die volgende uitgawe sal bereik.

Daar was ‘n beampte van WP stoei wat alles ook baie meer professioneel laat verloop het.

Dankie aan almal wat deelgeneem het!!!!!

 

 

Stoei Toernooi

Kom skryf asseblief so gou as moontlik in!!!

En bring soveel mense as moonlik saam!

 

Inskrywings koste?

For you, for free!

 

Wanneer?

Dinsdag, 15 Februarie, 17:00

 

Waar?

Onder in die Neelsie gat

 

Hoe skryf ek in?

Stuur 'n SMS na 0845041109 OF 'n email aan stoei@webwerwe.com met jou

Naam, Van, Email adres, Sel, US nommer, Gewig

 

Wie mag deelneem?

Enige iemand onder 100kg! Daar is 3 kategorië:

onder 75kg

75kg-85kg

85kg-100kg

 

 

 

2004

Fotos & flieks

Kliek op die prentjie om te vergroot

Vir meer fotos kliek hier

 

Om flieks te kry kliek hier:

Fliek1

Fliek2

Fliek3

 

 

Geen oefeninge deur die eksamen of vakansie nie

Oefeninge sal na volgende jaar se beplande toernooi bekend gemaak word

Sterkte met die eksamens!

 

Geen oefeninge die vakansie nie

Volgende oefening is Maandag, 13 Sept, selfde plek, selfde tyd

Sien julle daar!

 

 

Oefeninge

Wanneer?

Maandae & Donderdae 19h00-20h30

Waar?

AF Louw laerskool

(Hier's 'n kaart as jy sukkel)

Kostes?

R45/maand voor begin van elke maand

Hoe word ek lid?

Stuur email aan stoei@webwerwe.com met jou

Naam, Van, Email adres, Sel, Tel, ID nr, Beste Prestasie, Jaar van prestasie, US nommer

Betaal jou

R45 by 1e oefening

Daag op!

Wie mag stoei?

Beginners welkom!

Solank jy ongeveer 17-30 jaar oud is en manlik is.

(Hierdie is nie 'n vaste reël nie maar net 'n riglyn)

In die toekoms mag daar moonlik uitgebrei word na ander groepe as die aanvraag dit regverdig.

Matie studente se belange geniet 1e prioriteit.

Professionele afrigting gewaarborg!

 

 

Nuus Augustus

 

-Daar is in totaal al 45 stoeiers op die lys van mense wat belangstel om te stoei. Van hierdie totaal is daar 12 wat al provinsiaal gestoei het en van hierdie 12 is daar 4 wat al prestasies op nasionale vlak behaal het. In die 6 oefeninge wat ons al gehou het, het daar al 28 verskillende mense opgedaag.

-Ons netto inkomste vir Augustus beloop R 575.34. Ons totale batewaarde is ook R 575.34 omdat hierdie ons eerste maand van bestaan was en ons met R 0 belegging begin het.

-Ons het ‘n gratis website by webwerwe.com/stoei gekry wat goed funksioneer. Ons bemarking was so goed dat ons selfs ‘n wêreldwye nommer 1 rang op google.com gekry het vir die soekwoord “stoei”.

 

 

Ons 1e oefening!

Donderdag aand, 12Aug, 19h00, by AF Louw laerskool.

(Hier's 'n kaart as jy sukkel)

 

 

 

Stigters vergadering!!!

Dinsdag aand, 3 Aug, voorlopig 19h15, in Huis Marais se eetsaal.

(Hier's 'n kaart as jy sukkel)

 

 

Moet dit asb nie mis nie!

As jy hoegenaamd glad nie daar kan wees nie stuur iemand om names jou te praat.

As daar nie genoeg belangstelling is nie, gaan die stoei nie gebeur nie.

 

Bring soveel mense as moonlik saam

Bring tot jou oupa as jy kan!

 

Alles van alles gaan daar bespreek, besluit en bekend gemaak word.

 

Ouens, dis nou of nooit...

...kom ons maak dit nou

 

 

 

Laat die maties stoei klub herleef!

As daar genoeg belangstelling is, gaan Maties weer ‘n stoei klub hê!

 

Is jy man of is jy muis? SKENK BLOED, Kom stoei!

 

Die regte stoei, Geen WWF $@!#& nie

 

Nog nooit gestoei nie? Almal is welkom!

Stoei is eintlik ‘n lae risiko, maar baie hoë intensiteit kontak sport (min beserings, intense workout)

Stoei is een van die sporte wat vir jou die beste gebalanseerde liggaamlike oefening sal gee

 

Wat kry jy ekstra?

Professionele afrigting (vir die goeie stoeiers)

Lae lidmaat gelde (ons gaan ‘n nie-winsgewende organisasie wees, dus gaan dit alles net oor stoei)

 

As jy belangstel bel, SMS of e-mail so gou as moontlik vir

Wim Conradie (tel. 084-504-1109 email: stoei@webwerwe.com)